Pieter
en
Elzaan
26 September 2026
Jy is hartelik uitgenooi na die troue van
Geliefste familie en vriende

Julle is hartlik uitgenooi na die grootste dag van ons lewens, om dit saam met ons te vier.

Hieronder volg ’n paar reëlings en belangrike inligting om van kennis te neem, insluitend kleredrag, waar om te bly indien U sou wou, en hoe die dag gaan verloop.

Met Liefde
Pieter & Elzaan

Ons is Pieter en Elzaan

en hierdie is hoe dit alles begin het…

Elzaan: So amper ses jaar terug ontmoet ons mekaar in ‘n bar in Moorreesburg. Ek weet, dit klink sommer klaar soos ‘n cliché. Pieter het daai aand by my aangele, en ek het hom redelik vinnig afgeskiet. Ek was nie reg vir ‘n verhouding nie en wou niks weet nie. My vriendin sê toe vir my: “Jy weet jy het nou net jou trouman ontmoet?” Ek het net gelag en vir haar gesê sy’s mal.


Pieter: Ja, ek het maar my kans gevat… en dit het nie juis goed geëindig nie. Maar ek het haar nie vergeet nie.


Elzaan: Toe, so twee en ‘n half jaar later, sien ons mekaar weer — in dieselfde bar, na ‘n Tiere-wen. Hierdie keer bied ék aan om vir hom ‘n shot te koop (wat glad nie soos ek is nie). En hy sê toe vir my: “Wag ‘n bietjie, ek is nou nou by jou.” En toe… laat hy my wag.


Pieter: Ek weet sy het gedink ek speel hard to get, maar ek wou net eers met die manne gesels en almal groet. Ek dink daai “hard to get” het toe maar gewerk — al was dit glad nie my plan nie.


Elzaan: Hy hét teruggekom, en daai een shot het in ‘n hele aand se gesels verander. Toe hy my daarna op WhatsApp blue tick, het ek net gedink: ja nee wat, nog een van daai ouens wat mooi praat en dan verdwyn.


Pieter: Tot ons mekaar weer raakloop die volgende aand by ‘n restaurant. Ek probeer toe verduidelik ek het my foon verloor en was besig met krieket… wat, ek kon sien, nie baie oortuigend geklink het nie.


Elzaan: Glad nie. Ek het hom nie geglo nie. Tot hy my daai aand ‘n lift huis toe gee… en ek sommer self sy cubby oopmaak — en daar lê sy foon.


Pieter: My woorde was: “En dit is hoekom ek ‘n vrou soos jy wil hê — julle kry alles, en ons mans kyk ons ooglede vas.”


Elzaan: En van daar af het dinge net begin werk. ‘n Maand later vra my suster hoe dit gaan tussen my en Pieter, en voor ek mooi dink, sê ek: ek is verlief. (Wat nogal ‘n ding was, want hulle het nie gedink ek gaan sommer so vinnig iemand kry nie.)


Pieter: Sy het ‘n maand gevat om dit te erken, maar ek het daai aand in die bar al geweet — hierdie is my trouvrou.


Saam: ‘n Jaar en agt maande later vra Pieter die groot vraag… en nou is ons hier.

Ons kan nie wag om hierdie volgende hoofstuk saam met julle te vier nie.

Details
Waar om te bly

Kamers kan op die venue geboek word:

Delsma Farm
076 828 6358

Geskenk idee

Ons kas is vol en die plek raak min, ‘n geldjie maak net meer sin!

Pieter Muller,
Capitec,
Acc no.1418278260

Tydlyn

Arriveer 14:30

Gaste arriveer en het kans tot 14:45 om plekke in te neem

Seremonie 15:00

Hê asseblief U fone op silent vir die seremonie

Canapes 16:00

‘n Kans om happies te eet voor U in beweeg saal toe

Saal 18:00

Toesprake, en bedankings sal plaas vind saam met ys breekers

Hoofgereg 19:15

Aandete word bedien in die saal

——›
Rsvp

Vul asseblief die volgende form in indien U besluit om saam met ons te vier.

Voor die 9de Augustus 2026.

Contact Form Demo (#3)
Kleredrag

Semi-formeel (vermy cocktail rokkies)
Probeer by Pastel klere hou.

Vermy die volgende klere:
wit swart en olyfgroen.

Aanwysings
Ons hoop jy geniet die feestlikhede saam met ons
Baie Dankie!

Ons hoop U geniet die feestlikhede saam met ons.