Jy is hartelik uitgenooi na die troue van

Pieter
&
Elzaan


Envelope here

Ons is Pieter en Elzaan

En hierdie is hoe dit alles begin het…


Ons is Pieter en Elzaan — en hierdie is maar hoe dit alles begin het…

Elzaan:
So amper ses jaar terug ontmoet ons mekaar in ’n bar in Moorreesburg. Ek weet, dit klink sommer klaar soos ’n cliché. Pieter het daai aand by my aangele, en ek het hom redelik vinnig afgeskiet. Ek was nie reg vir ’n verhouding nie en wou niks weet nie. My vriendin sê toe vir my: “Jy weet jy het nou net jou trouman ontmoet?” Ek het net gelag en vir haar gesê sy’s mal.

Pieter:
Ja, ek het maar my kans gevat… en dit het nie juis goed geëindig nie. Maar ek het haar nie vergeet nie.

Elzaan:
Toe, so twee en ’n half jaar later, sien ons mekaar weer — in dieselfde bar, na ’n Tiere-wen. Hierdie keer bied ék aan om vir hom ’n shot te koop (wat glad nie soos ek is nie). En hy sê toe vir my: “Wag ’n bietjie, ek is nou nou by jou.” En toe… laat hy my wag.

Pieter:
Ek weet sy het gedink ek speel hard to get, maar ek wou net eers met die manne gesels en almal groet. Ek dink daai “hard to get” het toe maar gewerk — al was dit glad nie my plan nie.

Elzaan:
Hy hét teruggekom, en daai een shot het in ’n hele aand se gesels verander. Toe hy my daarna op WhatsApp blue tick, het ek net gedink: ja nee wat, nog een van daai ouens wat mooi praat en dan verdwyn.

Pieter:
Tot ons mekaar weer raakloop die volgende aand by ’n restaurant. Ek probeer toe verduidelik ek het my foon verloor en was besig met krieket… wat, ek kon sien, nie baie oortuigend geklink het nie.

Elzaan:
Glad nie. Ek het hom nie geglo nie. Tot hy my daai aand ’n lift huis toe gee… en ek sommer self sy cubby oopmaak — en daar lê sy foon.

Pieter:
My woorde was: “En dit is hoekom ek ’n vrou soos jy wil hê — julle kry alles, en ons mans kyk ons ooglede vas.”

Elzaan:
En van daar af het dinge net begin werk. ’n Maand later vra my suster hoe dit gaan tussen my en Pieter, en voor ek mooi dink, sê ek: ek is verlief. (Wat nogal ’n ding was, want hulle het nie gedink ek gaan sommer so vinnig iemand kry nie.)

Pieter:
Sy het ’n maand gevat om dit te erken, maar ek het daai aand in die bar al geweet — hierdie is my trouvrou.

Saam:
’n Jaar en agt maande later vra Pieter die groot vraag… en nou is ons hier.

Ons kan nie wag om hierdie volgende hoofstuk saam met julle te vier nie.


Ons kan nie wag om hierdie volgende hoofstuk saam met julle te vier nie.

Tydlyn


Arriveer

14:30

Gaste ariveer en het kans tot 14:45 om plekke in te neem

Seremonie

15:00

Hê asseblief U fone op silent vir die seremonie

Canapes

16:00

‘n Kans om happies te eet voor U in beweeg saal toe

Saal

18:00

Toesprake, en bedankings sal plaas vind saam met ys breekers

Hoofgereg

19:15

Aandete word bedien in die saal

RSVP

Selekteer asseblief of U saam met ons gaan
vier of nie.



Aanwysings